Vyf slim maniere om kersuitgawes hok te slaan.

Dis alweer amper Kersseisoen. Dit bring die partytjies, geskenke, reis en buitensporig feeste – maar hoe kan jy ‘n goeie tyd hê en die mense vir wie jy omgee pamperlang op ‘n beperkte inkomste? Versuim om goed vooruit te beplan vir Kersfees kan jou in finansiële moeilikheid dompel. ‘n Bietjie beplanning en kreatiwiteit is die sleutel! Hier is ‘n paar wenke vir die geniet van die Kersvakansie sonder om die bank te breek of vroeg volgende jaar met ‘n slegte nasmaak te sit:

  1. Beplan vroeg en stel ‘n begroting op.

Begroting vir die vakansie seisoen is iets waaroor jy moet dink oor in die begin van die jaar en as jy nog nie ‘n plan het nie is nou jou laaste kans. Beplanning sal help om die stres van al die Kersfees-vakansie verwante uitgawes te verminder. Dink aan die diskresionêre bedrag wat jy het om te spandeer op jou familie en vriende. Maak ‘n lys van mense vir wie jy geskenke wil koop. Neem in ag enige verwagte reis planne en die gepaardgaande koste. Beplan hoeveel jy wil spandeer op elke persoon / gebeurtenis en maak seker jy hou by jou begroting.

  1. Beplan hoe om by die begrote bedrag uit te kom.

Om elke maand ‘n bedrag opsy te sit is ‘n goeie manier om te spaar vir jou vakansie uitgawes. As jy dink jy wil R 6000 spandeer op Kersfees geskenke of reiskoste dan moet jy R 500 ‘n maand weg sit. Op dié manier, het jy nie die druk wat kom met skielike onverwagte uitgawes nie en die hantering van die nadraai is sonder stres. As jy jou kredietkaart inspan vir vakansie aankopies/uitgawes maak seker dat jy die nodige fondse het om die hele rekening te betaal wanneer dit kom. Dit sal verhoed dat bykomende rentekoste jou in die gesig staar vroeg in die nuwe jaar.

  1. Weet wat jy vir geskenke wil koop en koop hulle vroeg.

Maak ‘n lys van diegene wat jy voor koop, en vra vriende en familie voor die tyd wat hulle wil hê (ideaal deur September of Oktober). Op hierdie manier kan jy ‘n ogie te hou uit vir verkope voor die vakansieseisoen. Meeste winkels soek rakspasie vir die kers stormloop en verkoop dan heelwat goed uit lank voor die seisoen in swang kom. Mense waardeer goed deurdenkte geskenke meer as die gekoop is in ‘n stormloop op Oukersaand.

  1. Wees eerlik met jou gesin

Dit is moontlik om die tyd saam met mense vir wie jy omgee te geniet gedurende die vakansie seisoen en binne jou begroting te bly. Moenie buite jou gemaksone lewe en onnodige druk op jouself plaas nie.Wees eerlik met jou gesin as dit nie ‘n goeie tyd is vir jou om geld te spandeer op geskenke nie. Verander dalk eerder ‘n tradisie. ‘n Idee wat steeds baie gewild bly behels die opstel van ‘n naamlys van name in jou familie. Die einddoel is dat elke persoon ‘n mooi geskenk koop vir een ander persoon, in plaas van die koop van geskenke vir almal. Nog ‘n slim wenk is om almal te vra om hul gunsteling gereg te bring na die ete wat jy hou. So spaar jy die uitgawe van ‘n tamaai onthaal.

  1. Gebruik jou kreatiewiteit.

Is jy ‘n talentvolle breier? Kunstig? Goed met die werk met jou hande? Of dalk het jy ‘n talent vir bak. Gebruik jou talente om persoonlike, handgemaakte geskenke te maak vir diegene wat op jou geskenk lys is- dit kan dikwels die koste verminder en dit beteken meer. Die gedagtes en moeite wat jy in gesit het word in elk geval meer waardeer.

 

Stuur vir ons jou geskenk idees om meer te spaar deur kommentaar te lewer op hierdie artikel. Ons wil graag van jou hoor.

 

 

Leave a Reply