Pasop vir hierdie slaggat in jou verhoudings.

Ek onthou duidelik hoe ek een aand in ‘n gietende reën die hoofpad af gery het. Ek onthou hoe die kinders agter in die kar gesit en gesêls het. Dit het so vinnig en skielik gebeur. Dit het ons almal in stilte in geskud toe die linker agterwiel die slaggat tref. Dit was eers nadat ons besef wat werklik gebeur het, dat ons die kinders kon gerus stel, maar almal was steeds gespanne! Dit was glad nie wat enige een van ons verwag het nie en ons is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag die res van die pad huis toe.

Wanneer ons ‘n slaggat in ons verhoudings tref voel ons net so uit die veld geslaan. Jy voel verdwaas en tog voorbereid vir dieselfde rede – waar het dit vandaan gekom?! Veral wanneer jy dink jy en jou maat is in ‘n goeie, gelukkige ruimte en jy nie ‘n skielike beweging verwag, dat dit jou verstom of seer laat voel.

Jy weet jy het ‘n slaggat getref wanneer jy een minuut net gesêls, en die volgende, is die wêreld onderstebo.

‘n Slaggat wat baie van ons teëgekom het in verhoudings is die vermindering van die een ding wat jou maat belangrik ag (Hul hoogste waarde). Ek wil hê jy moet hierdie toneel vir ‘n oomblik voor jou sien afspeel: Familie is baie belangrik in jou maat se lewe. Sy het ‘n familie byeenkoms beplan waar daar baie van haar familie teenwoordig sal wees wat sy nie in jare nie gesien het nie en sy is super opgewonde! Elke laaste detail is weke vooruit beplan en sy spandeer ure om voor te berei vir die perfekte dag saam.

In die verbygaan vra sy jou om ‘n aantekening in jou dagboek te maak sodat jy nie iets vir daardie dag beplan en jy antwoord met “Asseblief, hierdie mense beteken niks vir my nie – ek ken hulle nie. Daar is geen manier dat ek my tyd gaan mors om ‘n geselsie te probeer aanknoop met mense wat ek nie eens ken nie. En meer belangrik: ek het ‘n sperdatum vir dringende werk. Ek sal dié dag saam met ‘n paar kollegas wou spandeer om finale dinge in plek te kry. Jy moet onthou dat my werk meer belangrik as die familie byeenkoms is ”

Jy kan jou net indink hoe groot die slaggat is wat nou getref is. ‘n Reaksie soos hierdie kan ‘n groot ontploffing en seer wat vir weke daarna sal duur veroorsaak. Wanneer jy probeer om jou punt te verdedig en sy woedend antwoord hoe jy die punt mis en haar net nie kry nie! Wat ‘n gemors …

Dit is van kardinale belang om te verstaan ​​wat jy en jou eggenoot die meeste in die lewe waardeer. Of dit ​​familie, besigheid, finansies, fisiese welstand, geestelike stimulasie of spiritualiteit is, is dit belangrik om seker te maak dat julle mekaar ondersteun en tegemoet kom.

Dinge wat jy kan doen om jou maat te ondersteun is:

  • Erken hoe belangrik dit vir hulle is: “Ek besef dat dit uiters belangrik is vir jou om tyd te spandeer met die familie”
  • Hulle te verseker van jou ondersteuning: “En ek wil hê jy moet weet dat ek jou een honderd persent ondersteun in jou behoefte om kwaliteit tyd saam met almal te spandeer”
  • Praat in hul waardes: “Ek weet as jy ‘n bietjie geduldig met my sal wees as ek die week, bietjie later huis toe kom, kan ek seker maak dat ek betyds klaar is met my werk voor die sperdatum. Dan sal ek beslis seker maak dat ek daar by julle kan wees op daai dag! Hoe klink my plan vir jou? “

Wanneer jy jou maat se hoogste waardes ondersteun versterk jou band en kan jy veilig voel in ‘n liefdevolle verhouding.

Leef buitengewoon

Lily Rennie

LilySigniture

Leave a Reply