Iets oor Ons

about usElke sent van jou verdienste moet vir jou werk. Die hoeksteen tot welvaart skepping is juis die beginsel dat jou geld vir jou moet werk en nie andersom nie. Mediese vooruitgang het tot gevolg dat mense baie ouer word en ons moet derhalwe ons aftreebeplanning en welvaartbestuur aan pas met die verwagting dat ons baie langer kan leef. Om met ‘n tradisionele uittree-annuïteit te sit by ‘n versekeraar maak net nie sin nie. Het jy geweet dat jy jou uittree-annuïteit mag oor plaas na ‘n uittree-annuïteit by ‘n welvaart bestuurder. Daar is geen belasting implikasies nie. Verander jy van beroep of werk? Moenie jou pensioen oorplaas na ‘n ander pensioenfonds nie maar laat ons dit vir jou in ‘n bewaringsfonds sit waar jy steeds dieselfde onttrekkings voordele kan geniet sou dit verlang word. Wees in beheer van jou geld!

Ons persoonlike benadering tot elke kliënt se oogmerke en beleggings persoonlikheid  is die sleutel tot jou sukses. Ons maak seker dat ons altyd in die kliënt se beste langtermyn belang optree. Ons verseker dat jou geld optimaal groei en dat alle kostes aan jou bekend gemaak word. Ons jarelange ondervinding in beide die versekering- asook aandelemark verseker dat jy die beste moontlike advies en fondsbestuur kry.

Ons Visie

Om die voorkeur welvaart-en beleggingsadvies diensteverskaffer te word.

Ons Missie

  • Om altyd eerlike, akkurate advies te lewer.
  • Ons fokus al ons aandag op jou uitgesproke verwagtings.
  • Om die beste beleggingsopbrengs te verseker.
  • Om die kliënt se belang met absolute integriteit te beskerm.
  • Om altyd getrou te bly aan ons waardes.