Hoe sal jy jou laaste 24 ure spandeer as jy geweet het dit was jou laaste dag?

Een dag oor voordat jy sterwe? Wat ‘n verskriklike en wonderlike gedagte op dieselfde tyd. In werklikheid, weet ons nie wanneer ons die planeet eendag verlaat nie. Daarom sal dit beslis ‘n pluspunt wees as ons kon weet. Dit sou baie oorweldigend wees vir my.

Sou ek vir my familie vertel dat ek weet wat kom? Waarskynlik nie, sodat dit nie ‘n miserabele, hartseer dag vir almal sou wees nie. Ek sou waarskynlik iets waarvoor ek nie anders voor kans sou sien nie probeerEk sou my laaste dag op ‘n skouspelagtige plek met my familie wou deurbring. Hulle is tog my alles. Ek sou egter ‘n sterk kalmeerpil moes neem om my emosies te bedwing soos die uurglas leeg loop. Ek is lief vir my vrou en kinders met elke vesel in my liggaam en ek sou dit baie moeilik vind om te groet. Totale emosionele ineenstorting sou ‘n werklike bedreiging wees! As ek my laaste dag saam met hulle in ‘n fantastiese plek sou deurbring sou hulle dan die gedagtes aan ons laaste prettige dag saam koester, elke keer as hulle aan die plek dink, of dit weer besoek.

 

Ek sou ‘n paar oproepe na vriende toe maak, maar hulle sê nie, want dit sou net die mees ongemaklike gesprekke waarborg. Ek dink jou hele lewe moet spreek en nie net een laaste dag wat praat nie.

 

Sommige mense sê dat hulle terug sou gaan en om vergifnis vra by mense wat hulle dalk benadeel het op die een of ander manier. Ek dink sterfbed vergifnis is te laat en daar word te veel klem daarop geplaas. Mense sal jou dalk vergewe en sou hulle weet dat jy op sterwe staan sal hulle dit verseker doen. Vergewe hulle jou dus net omdat jy in die vertreksaal van jou lewe staan? Hulle gee waarskynlik in elk geval nie om nie. Ek het tot die ontdekking gekom dat bitter min mense werklik omgee en die meeste net omgee vir een ding: hulself. Ek lewe eerder ‘n lewe sonder verwyte. Ons maak almal foute en dit is eenvoudig onvermydelik in hierdie drama wat ons die lewe noem.

 

Ek sou beslis besin oor alles in my lewe en God dank vir elke voorreg en geleentheid wat ek gehad het. Ek sou hom bedank vir mense wat my lewe en my hart aangeraak het en wat my toegelaat het om hulle s’n te raak. Ek sou Hom bedank en bid dat die mense wat deur my lewe aangeraak is, almal die doel wat God vir hulle beplan het sou ontdek.

 

Sommige sê dat hulle partytjie sou hou soos nog nooit tevore nie. Dit maak nie vir my sin nie! As jou filosofie in die lewe was om soveel pret as moontlik te hê dan moes jy dit elke dag van jou lewe doen. Jy behoort sekerlik in staat te wees om die wiskunde te doen. As die gemiddelde lewensverwagting tagtig is dan kan jy uitwerk hoeveel partytjies oor is. Dit is sekerlik nie verkeerd om pret te hê op jou laaste dag nie. Leef egter elke dag voluit dan is die laaste dag nie so ‘n groot okkasie nie.

 

Ek sou waarskynlik ‘n tydjie wou spandeer om ‘n paar boodskappe op te neem wat my kinders in die toekoms kan luister. Miskien ‘n paar opnames vir hulle om te sien by die belangrikste gebeure in hulle lewens soos, graad vang, trou, kinders kry ens.

 

Ek sou vir oulaas luister na Led Zeppelin se “Stairway to Heaven” en ‘n roomys of twee saam met die kinders eet. Ek kan my Facebook status opdateer en sê: “Dood binne 24 uur” en sien hoeveel ingedagte idiote dit like.

 

Wat sou jy doen? Hoe sou jy dit wou spandeer?

Leave a Reply