Die keuse van ‘n voog vir jou kinders.

Dit is noodsaaklik vir elke persoon om die onvermydelike te oorweeg. Die opstel van ‘n testament is belangrik, maar dis vir een of ander rede nie dringend vir die meeste van ons nie. Dis amper of party van ons in ontkenning lewe. Feit is dat dit ‘n top prioriteit moet wees. Die meeste van my vriende wat die tydelike vir die ewige verruil het het dit totaal onverwags en skielik gedoen. Die afsterwe van ‘n vriend kom as ‘n ontnugtering en herinner ons aan ons eie sterflikheid.

Ek vermoed dat meer as 60% van Suid-Afrikaners nie ‘n testament het nie.

Uitstel kan die rede vir die opstel daarvan wees maar as jy kinders het, is daar ‘n meer dringende rede waarom ons nie moet uitstel nie. As ouers vind ons dit moeilik om ‘n toepaslike voog vir ons kinders te kies en aan te wys. As dit bekend klink, kyk na hierdie belangrike riglyne om jou te help met die besluit.

  • Vra eers die voog wat jy oorweeg voor benoeming. Moenie sommer net ‘n naam tot ‘n stuk papier verbind voor jy ‘n gesprek met die potensiële voog gehad het nie. Maak seker dat hy/sy bereid is om die rol te aanvaar. Om ‘n naam in jou testament te sit beteken nie outomaties daardie persoon sal verantwoordelikheid vir die kinders aanvaar nie. Die gekose voog het altyd ‘n keuse en kan nee sê. Moet dan dus nie ‘n voog benoem voor jy nog nie hulle bereidwilligheid nagegaan het nie.
  • Oorweeg die ding uit verskillende hoeke. Jy kies voogde wat jou waardes deel en jou kinders so naby moontlik geestelik en godsdienstig op te voed soos jy sou. Soek ‘n persoon wat hulle min of meer soos jy sou leer om die lewe te hanteer. So as jy ‘n toegewyde Christen is, is jou ateïs broer is nie die ideale keuse nie. Baie mense kies hul eie ouers as voogde, maar doen dit sonder om hul ouderdom te oorweeg. Hierdie taak kan baie moeilik vir hulle wees, en vir jou kinders. Hulle kan ‘n waardige keuse wees, maar jy moet hulle ouderdomme oorweeg. Tien jaar maak ‘n groot verskil en jou ouers kan te oud geword het om die rol te vervul. Myne het ‘n baie meer woema gehad 10 jaar gelede. Die meeste mense kies ‘n broer en sy of haar gade, wat heeltemal fyn kan wees. Maar wat as hulle uiteindelik skei? Jou kinders kan betrek word as pionne in ‘n vieslike stryd rakende hulle toesig. Om die situasie te vermy, kan jy net jou broer spesifiseer as die voog, maar nie jou skoonsuster nie.
  • Moenie hul kontakbesonderhede vergeet nie.Sit al die kontak besonderhede van die voogde in die testament, insluitend die volle wettige name, straat adresse, telefoonnommers en e-posadresse. Jy wil nie hê die eksekuteur moet sukkel om hulle te vind na jou afsterwe nie.
  • Benoem ‘n alternatiewe voog. Aangesien baie mense versuim om hul testamente op te dateer, is dit moontlik dat een van die voogde reeds gesterf het of nie in staat, of onwillig is om die rol te aanvaar. Dit is een van die redes waarom dit belangrik is dat jy jou testament gereeld sal hersien om te verseker, dat jou gekose voog nog bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar.
  • Moenie die eksekuteur en voog dieselfde persoon maak nie. Die eksekuteur is in beheer van die vervulling van wense jou testament en ook die verspreiding van jou bates. Die voog is verantwoordelik vir die welsyn van jou kinders. As ‘n familielid byvoorbeeld verantwoordelikheid aanvaar vir beide rolle, kan hy in die versoeking om in die bates van die boedel in te duik aangesien hy dan ook verantwoordelikheid vir die kinders se sorg aanvaar. Onderskei eerder tussen die twee rolle. Die eksekuteur hou die beursie en die voog is die een wat vra vir die geld.

Jy wil seker wees dat die beste moontlike persoon gereed en bereid is om in te tree en verantwoordelikheid te aanvaar vir jou kinders en hul beste belange. Beplan dus hierdie stap noukeurig in jou testament, ter wille van jou kinders. Dan begin jy bid dat die kinders dit nooit sal nodig kry nie.

Het jy ‘n testament in plek? Maak dit ‘n saak van dringendheid om een te voltooi. Kontak ons ​​om jou te help in hierdie verband. Laat jou kommentaar met moontlike aksies wat geneem kan word, wat ek dalk nie oorweeg het nie.

Leave a Reply