5 Stappe tot ‘n Suksesvolle Maandelikse Begroting

Lys jou inkomste en uitgawes

Die eerste stap tot ‘n suksesvolle begroting is om te bepaal hoe jou inkomste opweeg teenoor al jou uitgawes (vaste maandelikse uitgawes sowel as diskresionêre besteding) Gee veral aandag aan jou lys van uitgawes (maandelikse debietorders, rekeninge en die geld wat jy van plan is om uit te gee.)

Jy kan ons begrotings werkblad hier aflaai.

Begrotings Werkboek

Bestudeer jou besteding

Die meeste mense weet nie hoeveel hulle afgesien van die ooglopende dinge soos verbandbetalings, motor finansiering, ens uitgee nie. Maak ‘n bepaling van drie maande se uitgawes. Lys elke dingetjie. Daar is fantastiese toeps vir jou selfoon om gou ‘n uitgawe te lys. Doen dit vir 3 maande en jy sal geskok wees. Lys dinge soos koffie, ‘n vinnige happie ens. Ek wil nie jou pret bederf nie, maar jy moet weet waar jou geld heen gaan. (Moet nie enige kontant gebruik nie – kaart transaksies is makliker om van tred te hou.)

Pen jou spaar doelwitte neer.

Skryf jou kort, medium en lang termyn spaar doelwitte neer. Lys jou drome en hoeveel hulle gaan kos om te bereik. In diepte begrip van jou uitgawes kan spaar minder van ‘n uitdaging maak. Skep ‘n raamwerk vir die vinniger betaling van jou skuld. Omstandighede verander en jy moet derhalwe jou planne herbesoek.

Skep ‘n spaarplan

Spaar vir doelwitte sowel as vir aftrede. Aftreespaar word dikwels misgekyk omdat dit so ver weg is vir party van ons. Die gevolge van die saamgestelde rente maak spaar vir aftrede die voor-die-handliggende keuse. Die belasting voordeel van ‘n aftree-annuïteit maak dit ‘n baie gunstige belegging. Daardie fondse val ook buite ‘n insolvente boedel vir wanneer die paw-paw die fên slaan. Skep ‘n noodfonds met ten minste twee maande se uitgawes in. Jy weet nooit wanneer die maatskappy op afleggings besluit nie ens.

Betaal jouself eerste

Jy moet jouself eerste betaal of beloon. Ons werk hard vir die geld wat ons verdien. Sit geld opsy op betaaldag vir jou eie eksklusiewe gebruik. Maak ‘n spaarrekening oop en dra dié geld oor op betaaldag. Capitec Bank hef R 5 p.m. in fooie transaksiekoste uitgesluit. Met hierdie “betaling” kan jy dalk iets koop soos ‘n item van klere waarop jy jou oog het. Daarna betaal jy jou spaar doelwitte en eers dan betaal jy jou maandelikse uitgawes. Die meeste van ons sal diep moet delf om ons maandelikse uitgawes te sny om hierdie plek van gefokusde spare te bereik. Dit is wys om jou bestedingspatrone te evalueer en hulle aan te pas sodat jy hierdie doelwit bereik. Beloon jouself as ‘n prioriteit om gemotiveerd te bly.

Moenie vir jou skuld werk nie – werk eerder vir jouself en jou gesin. Sodra jy begin spaar en belê, begin jou geld vir jou werk. Jy sal verbaas wees oor die resultate wat bereik kan word met ‘n klein verbintenis tot besparings en omsigtige geld bestuur.

Bel ons vandag om te help met jou beplanning.

Leave a Reply