27 Wenke om groener te lewe.

Daar is verskeie maniere om groener te leef en ons eie koolstofvoetspoor te verminder. Ons is nie almal boere nie maar kan baie doen sonder groot aanpassings.

Daar is baie voor die hand liggende dinge wat gedoen kan word en ‘n paar ander wat ek bloot nie aan sou dink nie. Daar is een of twee idees wat ek nooit gaan implementeer nie – nooit nie!! Wie wil ‘n lae druk, kort stort vat? Met verwysing na wenk no. 3. Vir my om “yucky” storte te neem, is dieselfde as om aan ‘n vleiseter vegan maniere om te eet bekend te stel. Gaan nie gebeur nie – nie kort storte of biltong opgee nie!

 

Ek het hierdie wenke nagevors en gaan van hulle implementeer, want hulle is eintlik maklik om te doen. Stuur vir ons jou gedagtes in die kommentaar afdeling.

 

  1. Skakel die skottelgoedwasser aan wannneer hy vol is. Deur jou skottelgoedwasser net met vol vragte te loop, kan jy ‘n geskatte 40 kg koolstofdioksied per jaar bespaar. Dan praat ons nie van water nie.
  2. Maak reg daai lek! Sodra jy ‘n lek in jou huis teëkom, maak dit reg of kontak jou loodgieter om dit te kom doen. Feit: Toilette wat lek kan 120-200 liter per dag mors. Die stadige drup in die bak is in elk geval hoogs irriterend.
  3. Neem korter storte. Die water wat gebruik word in storte is verantwoordelik vir ongeveer 1/5 van die water wat binneshuis gebruik word. Plaas ‘n lae-vloei stortkop om die hoeveelheid water wat jy gebruik te verminder. Ek gaan dit verseker nie doen nie!
  4. Maak die kraan toe terwyl jy jou tande borsel. Het jy geweet dat die water wat more terwyl jy vir drie minute borsel tot soveel as 12 liter kan wees?
  5. Gebruik herbruikbare skoonmaak gereedskap soos lappe en natuurlike borsels. Hou op om enkelgebruik lappies te gebruik. Bewaar ou handdoeke en T-hemde, sny hulle in blokkies en gebruik dit as skoonmaak lappe.
  6. Gebruik diskresie wanneer jy oordeel of iets in jou klerekas vuil is of nie. Net een keer se dra beteken nie noodwendig dat dit vuil is nie. Dit sal alleen die hoeveelheid wasbondels halveer! Veral pajamas en jeans kan meer as een keer gedra word.
  7. Vul jou yskas. Koue kos behou hul temperatuur baie beter as lug. Hoe voller jou yskas is, hoe minder energie sal hy gebruik om op die gekose temperatuur te bly. Interessant om dit te weet.
  8. Skakel onnodige ligte af. Wanneer jy ‘n kamer te verlaat, sit die lig af . Heilige koei: kan iemand my inlig oor hoe jy jou kleuters kry om dit te doen? Installeer ligte met beweging sensors op veral plekke waar jy net deurloop, soos trappe, gange, ens. Dit kan ‘n goeie opsie wees.
  9. Verminder ongebruikte spook krag. Dit is die krag wat gebruik word deur toestelle en ander elektroniese wat ingeprop is in die muur, maar nie aangedryf word nie.
  10. Pas weer stroke onderaan deure na buite om gapings toe te maak wat lei tot die verlies van hitte.
  11. Koop plaaslike organiese kos. Organiese plase gebruik natuurlike groeiende praktyke wat gesonde alternatiewe vir konvensionele gegroeide gewasse bied. Dit is kos wat geproduseer is sonder plaagdoders en geneties gemodifiseerde organismes. Daar is baie van die voedsel markte ooral en dis ‘n lekker uitstappie vir ‘n Saterdag-oggend.
  12. Verminder gemorskos afval. Wanneer jy ‘n wegneemete bestel vra hul om eetgerei en souse ens wat jy nie gaan gebruik nie te hou. Jy het nie die plastiekvruk of servet nodig as jy weet dat jy by die huis gaan eet nie.
  13. Gebruik herbruikbare lap sakke wat baie kruidenierswinkels verkoop. Koop genoeg sakke om jou gemiddelde reis na die kruidenierswinkel te dek.
  14. Geen gebottelde water. Ja, water is goed vir jou, maar maak seker jy neem sorg van jouself op ‘n manier wat ook gesond is vir die omgewing. Gebruik ‘n filter op jou wasbak kraan of hou ‘n gefilterde kruik in die yskas.
  15. Plant bome. Skep tuisgekweekte suurstof. Een boom kan ton koolstof teëwerk oor sy leeftyd. As hy nog in die regte plek geplant is, kan dit die energie wat nodig is om lugversorging te hardloop verminder.
  16. Belê in groen krag! Sonkrag jou Geisers. Verhit jou swembad deur ‘n draairol plastiekpype op die plat gedeelte van die dak te sit. Dan pomp jy die water daardeur. Dit maak ‘n groot verskil aan die temperatuur teen geen lopende koste.
  17. Gebruik herlaaibare batterye waar moontlik. Spaar geld en verminder gevaarlike afval in stortingsterreine. Die prys van ‘n pakkie AA batterye behoort jou kop te swaai.
  18. Wees tegnologies eko-vriendelik. Wanneer jou ou drukker of jou rekenaar skerm breek, moet dit nie net weggooi nie. Daar kan plaaslike winkels in jou omgewing wees wat e-afval aanvaar as ‘n donasie.
  19. Water jou grasperk, nie jou oprit nie. Ek en ander baie lui mense doen dit. Ons kan eerder water bespaar deur die blare in jou oprit, op jou stoep en trappe weg te vee.
  20. Maak jou oggend koffie groener. Neem jou eie beker na jou gunsteling boontjie-brou plek dan spaar jy 260 plastiek-of papierkoppies per jaar.
  21. Koop herwinde produkte. Begin in jou huis met basiese goedere soos toiletpapier, drukker inkstelle en, herwinde plastiek sakkies vir jou asdrom. Maak seker dat jy ‘n herbruikbare doek sak saam vat winkels toe om jou herwinde produkte in te dra.
  22. Gaan papierloos deur aanlyn te betaal. Betaal jou rekeninge aanlyn. Versoek e-pos state op al jou rekeninge.
  23. Gebruik wat buite is om binne groener te maak. Volgende keer as jy ‘n ligte reënbui het, sit gou jou inneshuise plante buite om hul ‘n verfrissende stort te gee.
  24. Dink voor jy druk. Heroorweeg jou behoefte aan ‘n dokument of ‘n e-pos voordat jy dit druk. As jy nodig het om iets te druk, druk dit aan beide kante en op herwinde papier.
  25. Plastiek opgaar tenks. Koop een an vang die reën op onder jou geut. Hierdie water kan nie gebruik word om te drink of selfs te bad nie, maar jy kan dit gebruik om jou plante water te gee of jou motor te was.
  26. Herwin. Ek weet dit is ‘n pyn om jou vullis te sorteer, maar dit maak ‘n groot verskil.
  27. Gebruik jou selfoon. Die meeste selfone het ‘n notaboek funksie wat jou in staat stel om notas en doenlysies op te stel. Dit spaar die gebruik van papiertjies en jy kan dit elektronies deel met jou familie op hulle toestelle.

 

Gee ons ‘n paar van jou gedagtes in die kommentaar afdeling hieronder.

Leave a Reply