10 Slaggate wat Entrepreneurs moet vermy.

Dit is ‘n alom bekende feit dat ongeveer 85% van nuwe maatskappye hul deure binne 5 jaar sal sluit. Hoekom? Gewone, regdenke individue neem die waagstuk na ‘n potensiële gevaarlike gebied wanneer hul besighede begin.

Vermy foute asof jou lewe daarvan afhang. In ‘n sekere mate doen dit! Jou finansiële toekoms hang daarvan af.

Hier is ‘n paar foute wat jou mag help op jou pad na ‘n suksesvolle besigheidsryk.

  •  Huur werknemers nie vennote nie. Genoeg gesê! Baie mense het ‘n groot idees en neem vennote aan boord vir finansiering. As jy ‘n fantastiese idee het sal ‘n bank jou graag help sonder om in te meng in die besigheid.
  • Om ‘n goeie motorwerktuigkundige te wees is geen waarborg dat jou eie voertuig diens onderneming ‘n sukses sal wees nie. Om jou goed van die taak te kwyt sal verseker dat kliënte ander verwys en self bly terug kom, maar as jy nie die sorg van die finansies of die personeel prioritiseer nie sal hul voor ‘n toe deur aanmeld vir die fantastiese diens. Jy sal spoedig terug wees op iemand anders se werkswinkel vloer. Behandel jou huidige werk as ‘n vakleerlingskap om alle gebiede van die besigheid te bestudeer.
  • Koop ‘n salaris eerder as ‘n besigheid. Dit sal aanvanklik van jou vereis om daar te wees in die daaglikse bestuur aan die begin, maar die uiteindelike doel is om meer as net ‘n salaristjek daaruit te kry. Die truuk is om te werk aan jou besighede en nie in hulle nie.
  • Jy moet ‘n idee hê om ‘n besigheid te begin. As jy jou agterent wil sien moet jy geld hê en dan idees soek. Kry eers die goeie idee dan versterk jy die idee met ‘n goeie dosis begeerte en ambisie voordat jy geld agterna gooi. Sodra jy jou nuwe idee het moet jy onthou dat mense ‘n besigheid suksesvol maak. Nie die produk of diens nie, maar mense. Koester jou verhoudings met kliënte en personeel en die bou so ‘n groot maatskappy met ‘n goeie produk of diens.
  • Om iets van nuuts af te begin kan duurder wees as om ‘n bestaande ondergewaardeerde of swak bestuurde besigheid te koop. ‘n Nuwe besigheid sal baie van jou tyd in beslag neem. Hou dus jou oë oop vir besighede met goeie idees wat sukkel.
  •  Die meeste van ons dink eenvoudig te klein. Ons is risiko-sku en daarvoor soms te versigtig. Die doel van besigheid is nie om vir jou ‘n salaristjek daar te stel nie. Die doel is om ‘n groot wins te bou. Hoekom neem ons andersins die risiko – ten einde ‘n inkomste bo dié van ‘n salaris te genereer. As jy vandag gemiddeld is en jy vat ‘n kans om die sterre te bereik en jy faal sal jy môre steeds net gemiddeld wees as dinge skeefloop. Wat is daar om te verloor. Jy gaan dalk ‘n paar opmerkings van mense wat in elk geval nie ‘n blou duit vir jou omgee nie, moet deurstaan.
  •  Moenie kompeteer net op die prys nie. Bly uit prys oorloë uit. Spandeer tyd om bemarking en verkope te bestudeer. ‘n Groter winsmarge sal altyd die strategie van baie besigheid met lae marges klop. Ons is in die besigheid vir wins – nie om besig te bly nie.
  • Moenie heeldag koste probeer sny nie. Ja, jy is in staat om van die werk te kan doen, maar iemand moet verhoudings handhaaf en nuwe besigheid inbring so huur eerder mense om aap werk te doen. Onthou jy wil aan jou besigheid werk nie in dit nie.
  • Betaal grondboontjies en kry ape. Jy kry vir wat jy betaal. Die regte mense is noodsaaklik sodat jy op ander areas kan fokus, so moenie net enigiemand huur nie. Wag totdat jy die regte persoon vir die werk te kry.
  • Fokus op net een area van jou besigheid. Besigheid sukses behels baie meer as net een gebied van fokus. Leer oor verkope en bemarking, finansies en administrasie, en bestuur van die bedrywighede. Jy het nodig om al drie van hulle uit te bou, nie net een van hulle nie.
  • Ken die syfers. Weet wat jou syfers is. Dis van kardinale belang tot besigheid sukses. Jy kan nie beheer wat jy nie meet nie. Meet alles van dag een, van hoeveel nuwe vooruitsigte jy het tot hoeveel verkope jy maak. Hou boek van elke sent wat jy spandeer ens.
  • Doen die werk een keer en kry baie kere se inkomste. Die sleutel tot sukses is om die werk een keer ordentlik te doen, ‘n lang termyn, inkomste-genererende verhouding te bou en jou besigheid te laat groei van daar af.
  • Terloops: hier was 12 slaggate want goeie besighede beloof minder en lewer altyd meer.

Leave a Reply